"Opstanding" deur W.E.G. LOUW [boodskap #30123] |
Ma, 24 April 2000 00:00 |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Opstanding
W. E. G. LOUW
Drie dae was daar duisternis
Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
n suiwer saad wat wag op son en reën,
het al Sy sterflikheid stil weggebrand :
die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, één met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.
Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur 'n wind
wat uit vier hemelstreke op die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,
en soos uit diepe duisternis 'n vlam,
staan hoof en rank en smetteloos die Lam!
|
|
|